Tshwane-metro erken omstrede Zuma-begeleiding

Argieffoto

Argieffoto

Die Tshwane-metro het Maandag bevestig dat Pretoria se metropolisie president Jacob Zuma en adjunkpresident Kgalema Motlanthe uit die provinsie begelei het vir ʼn ANC-verkiesingsveldtog verlede week.

The Sunday Independent het Sondag berig dat die Tshwane-metropolisie R500 000 goedgekeur het om Zuma en Motlanthe na Mpumalanga te begelei vir die verkiesingsveldtog, al het die metropolisie glo nie die fondse om daarvoor te betaal nie. Volgens die berig is geld glo uit die eenheid se verblyf- en reisbegroting gebruik om vir beamptes se verblyf vir nege dae te betaal. Die versoek vir die begeleiding is glo deur die polisie se presidensiëlebeskermingseenheid gemaak.

Die groep het op 3 Januarie vertrek en tot 12 Januarie in Mpumalanga aangebly toe Zuma teruggekeer het na Gauteng.
“Ons bevestig die begeleiding, maar ontken die koste wat gepubliseer is,” het Blessing Manale, ʼn woordvoerder van die metro, gesê. “Ons dink nie ons moet die bedryfskostes verklaar nie.” Manale het ook gesê die feit dat die begeleiding buite die provinsie plaasgevind het, is nie belangrik nie. “Dit gaan oor die polisie se Baie Belangrike Persoon-eenheid wat die begeleiding versoek het, dit maak nie saak of dit buite die provinsie plaasgevind het nie.”

Die DA het die begeleiding veroordeel en gesê die metropolisie moet antwoorde aan Pretorianers verskaf. “Pretoria-inwoners is uiteindelik die verloorders. Geld is uit Tshwane se koffers geneem. Geld wat vir inwoners se dienste gebruik moes word, om hulle te beveilig,” het raadslid Karen Meyer gesê. “Ons kan nie toelaat dat die regering, selfs nie eens die president, geld gebruik wat vir inwoners se basiese behoeftes gebruik moet word nie.”

Mac Maharaj, die president se woordvoerder, het gesê alle veiligheidsnavrae word deur die polisie hanteer. “Dis nie ʼn saak wat ons hanteer nie.”

Senior supt. Isaac Mahamba, die metropolisie se woordvoerder, was nie vir kommentaar beskikbaar nie.
-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Ria Maritz ·

Nog ‘n vrugtelose uitgawe uit die belastingbetaler se sak !

GawieM ·

Daar is mense wat in hulle hele lewe nie R500,000.00 verdien nie.

JB ·

Hul sal oor 20 jaar en meer nog korrup wees. Sal NOOIT verander nie!!!!

Mickey ·

Dit maak my siek tot in my siel hierdie land is gedoem tot n ashoop as als nou al so sleg lyk hoe gaan dit oor 20 jaar lyk elkeen wat n pos beklee waar die belastingbetaler se geld betrokke is ,is net geworry oor sy eie sak en voorspoed die res moet maar vergaan van elende en die uwe president is voor in die koor van gierigheid bedrog leuens en korupsie,

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.