Tshwane-metropolisiebeampte tydens rooftog doodgeskiet

‘n Tshwane-metropolisiebeampte is Donderdag tydens ʼn rooftog by ʼn winkelsentrum in die noorde van Pretoria doodgeskiet.

Volgens Console Tleane, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, was die metropolisiebeampte toevallig op die toneel na gewapende mans ʼn juwelierswinkel by die Wonderpark-winkelsentrum in Akasia beroof het. Die rowers het in die beampte vasgehardloop en hom in sy bors geskiet. Hulle het daarna op die vlug geslaan. Die beampte is op die toneel behandel en na ʼn hospitaal geneem waar hy later aan sy wonde beswyk het.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.