Tshwane-metroraad mag straatnaamborde opsit

Genl. Louis Botha-straat in die ooste van Pretoria se naam is reeds verander na January Masilela-rylaan. Foto: Verskaf

Die Tshwane-metroraad kan voortgaan met die oprigting van nuwe straatnaamborde in Pretoria.

Die hooggeregshof in Pretoria het Maandag geen bevel gemaak oor die burgerregte organisasie, AfriForum, se dringende aansoek teen die metroraad oor die verandering van 25 straatname nie. “Die stad verwelkom die hofbeslissing en sal voortgaan met die verandering van straatname…,” het die metroraad in ʼn verklaring gesê. “Die proses moet gesien word as ʼn oefening vir nasiebou wat daarop gemik is om maatskaplike samehorigheid en genesing te bring van die verlede in Tshwane.” AfriForum se regsverteenwoordiger, Willie Spies, sê die straatname wat verander sal word sal vir die volgende ses maande steeds die ou name ook vertoon. Spies sê AfriForum sal nou ʼn hersieningshofaansoek indien oor die proses wat deur Tshwane gevolg is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.