Tshwane moet grafgrawers aanstel

Die Pretoriase hooggeregshof het Donderdag bevind dat die Tshwane-metro dringend ʼn kontrakteur moet aanstel om die grawe van grafte in die stad se begraafplase te bestuur.

Elsabe Basilio, voorsitter van die Nasionale Begrafnisdirektoraat, het ʼn dringende aansoek voor die hof gebring om die Tshwane-metro te dwing om grafgrawers te huur.

Maroela Media het Donderdag berig dat grafgrawers by al die begraafplase in Tshwane-metro sedert die einde van Maart hul gereedskap neergelê het. Dit het die onus op die begrafnisondernemers en die familie en vriende van afgestorwenes geplaas om self grafte te grawe en toe te gooi. Volgens Basilio het die metro se kontrak met die kontrakteur geëindig en is die kontrakteur vir die afgelope drie maande nie betaal nie. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.