Tshwane skop teen straatnaam-bevel

Tshwane kan glo nie van minagting van die hof aangekla word omdat hulle nie weer die ou straatname opgesit het nie, het die stad Woensdag gesê.

“Ons het ‘n regsmening ontvang wat dit duidelik stel dat die stad binne sy regte is om nie weer die dubbele straatname op te sit nie,” het Blessing Manale, woordvoerder vir burgemeester Kgosientso Ramokgopa, gesê. “Ons glo dat ons ‘n verskeidenheid van regsopsies en middele tot ons beskikking het. Totdat dít uitgeput is, kan AfriForum hoop om na die verlede terug te keer, ‘n idee wat ons seker is ons in die hoogste hof van appèl sal kan teenstaan.”

Hy sê sommige mediaorganisasies wat “simpatiek” teenoor AfriForum staan, het daarop gesinspeel dat “die uitvoering van só ‘n reg tot appèl” minagting van die hof is.

Die hooggeregshof in Pretoria het op 13 Junie die Tshwane metro se aansoek om verlof tot appèl teen ‘n tussentydse hofbevel, wat in April toegestaan is, van die hand gewys. Die hofbevel verhoed die stad om ou straatname te verwyder en het geëis dat die ou straatname, wat reeds verwyder is, weer te installeer. Die bevel is toegestaan nadat AfriForum ‘n dringende aansoek ingedien het terwyl daar gewag word vir die uitslag van ‘n aansoek om die “aanstootlike” name van 25 strate in die stad tersyde te stel.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Nico Grobler ·

Wanneer sal ons oot leer dat Afrikane hulle geensins steur aan wette of ooreenkomste nie. Hulle sal aanhou en aanhou tot hulle hul sin gekry het. Al kos dit ook wat. Daarby het Pretoria ook ongelukkig in ‘n tipiese Afrika-hool verval en is dit nie meer ons trotse name werd nie. Laat hulle dit hou. Ons sal weer ‘n eie stad opbou waarop ons trots kan wees en hopelik nie ook verander in ‘n stat nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.