Die Tshwane-metro wil die internasionale popster Beyoncé na Suid-Afrika toe bring vir volgende jaar se viering van 20 jaar van demokrasie, het Beeld Dinsdag berig.
’n Verslag oor die beplande Dinokeng-fees, wat vir September 2014 in Cullinan beplan word, is verlede week vir goedkeuring by die Tshwane-raad ingedien.
“Beyoncé het ’n groot groep aanhangers en sal ’n groot skare lok,” lui die verslag.
Die fees, wat na beraming R45 miljoen sal kos, gaan soortgelyk wees aan die Glastonbury-musiekfees wat jaarliks naby Somerset in Engeland gehou word.
Beyoncé, deesdae ’n solosangeres, het roem verwerf as lid van die groep Destiny’s Child.
Justin van Wyk, ʼn musiekpromotor, het gesê Beyoncé sal nie ʼn voet in Suid-Afrika sit vir minder as R35 miljoen nie.
Volgens die verslag sal die fees bemarkingsblootstelling ter waarde van sowat R8 miljard en inkomste van minstens R200 miljoen genereer, “as alles volgens plan verloop”.
– SAPA
Sou ons gelukkig wees om Beyonce hier te kry sal dit verseker vir musiek promotors baie beteken. Of ons dit kan bekostig is vir my n ope vraag
Nou watter demokrasie praat hierdie stomme siele van?
Teen daai balaglike prys, kan hulle elke SA-sanger van elke kultuur en musiek inSA kry om daar op te tree, en ‘n groter verskeindenheid kry.
Gaan my belasting nou om ‘n sanger te kry van wie ek nie eens hou nie???
Tipies!!! Kan net dink wie die verrigtinge reël…
Ek wil ook weet van watter demokrasie praat die goggas.
Ek sal te bang wees die Duiwel fier saam fees. Sal daai dag maar ‘n vleisie braai en en eerder na Steve Hofmeyr luister.
Beyonce, wie jy ookal is. Ek hoop jou tas , handsak en I Phone is verseker.