Tshwane spandeer glo miljoene op pondokkies

Die Tshwane-metro en die Gautengse departement van behuising het glo meer as R85 miljoen spandeer om ʼn woonstelblok te bou wat glo nie geskik is vir mense om in te bly nie.

Die stad se boubeheerbeamptes het glo geweier om okkupasiesertifikate vir die eenhede uit te reik, omdat dit nie aan al die standaarde voldoen nie en “nie geskik is om deur mense bewoon te word nie”, het Pretoria News Maandag berig.

Altesaam 104 woonsteleenhede is in Sunnyside gebou en die ‘hokkies’ is skaars 50 vierkantemeter groot. Die koerant het bereken dat die prys per enkele woonstel R817 000 beloop. Dit is genoeg geld om ʼn meenthuis in gegoede areas van Pretoria aan te skaf.

Opposisiepartye beweer dat die kontrak om die eenhede te bou toegeken is aan onbevoegde maatskappye wat sterk bande met die ANC en munisipale amptenare het.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

william ·

Die korrupsie en wan bestuur gaan onverpoos voort. Niemand word verantwoordelik gehou nie. Vir hulle beteken die woord vryheid ” jy kan maak soos jy smaak” Afrika op sy voortreflikste.

H J Bester ·

Op die oog af wil dit lyk asof hierdie behuisingsprojek ook op sy beste deurspek is met korrupsie – die gehalte van die huise het nie ‘n rol gespeel nie maar wel die bedrag wat in die sakke van die Owerheidsbeamptes geval het. En so is nog ‘n klomp belastingbetalers-gelde vermores en verlore.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.