Tshwane stel tydelike grafgrawers aan

Die Tshwane-metro het ʼn kontrakteur aangestel om grafte in die stad se begraafplase te grawe.

Elsabe Basilio, voorsitter van die Nasionale Begrafnisdirektoraat, het Saterdag gesê ʼn tussentydse kontrakteur is Vrydagmiddag aangestel nadat die Pretoriase hooggeregshof die metro Donderdag gedwing het om ʼn plan te maak.

Maroela Media het vroeër berig dat grafgrawers by al die begraafplase in Tshwane-metro sedert die einde van Maart hul gereedskap neergelê het. Dit het die onus op die begrafnisondernemers en die familie en vriende van afgestorwenes geplaas om self grafte te grawe en toe te gooi. Volgens Basilio het die metro se kontrak met die kontrakteur geëindig en is die kontrakteur vir die afgelope drie maande nie betaal nie.

“Ons glo nie daar gaan weer probleme met die grawe van grafte wees totdat ʼn permanente kontrakteur aangestel is nie,” het sy gesê.

Lees ook:
Tshwane moet grafgrawers aanstel
Pretorianers moet eie grafte grawe

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.