Tsoenami-waarskuwing na aardbewing

’n Aardbewing van 7,5 op die Richterskaal het Alaska se suidwestelike kus getref.

Die aardbewing het omstreeks 23:58 Vrydagaand (omstreeks 11:00 Saterdagoggend Suid-Afrikaanse tyd) getref sowat 355km van die hoofstad Juneau op ʼn diepte van sowat 9,6km. Die aardbewing is ook aan die westelike dele van die Noord Amerikaanse kus gevoel. Die Alaska Dispatch berig dat verskeie mense in die streek hulle huise ontruim het na ʼn tsoenami-waarskuwing uitgereik is. Die waarskuwing is vir dele van Alaska en die westelike Kanadese kus uitgereik. Die waarskuwing is egter later gekanselleer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.