Tsunami-waarskuwing gekanselleer

Verwoesting is op 11 Maart 2011 in Japan gesaai ná ‘n tsunami-golf.

Die tsunami-waarskuwing wat vroeër Vrydag in Japan uitgereik is ná ‘n aardbewing in die gebied, is onttrek.

Volgens berigte was daar klein golwe maar nie ‘n onmiddellike gevaar nie. Talle mense aan die noordoostelike kus is beseer en geboue in Tokyo het glo vir ‘n paar minute lank staan en wieg.

Die aardbewing het ‘n aanvanklike magnitude van 7.3 gemeet. Die tsunami-waarskuwing is sowat twee ure ná die aardbewing gekanselleer.

Japan is steeds besig met herstelwerk na ‘n 9.0 magnitude-aardbewing die gebied op 11 Maart 2011 getref het. ‘n Tsunami-golf van 20 meter hoog in sommige gebiede het grootskaalse skade aangerig. Sowat 19 000 mense is dood en 325 000 mense is steeds dakloos.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.