‘n Tsunami-waarskuwing is Vrydag aan die noordooskus van Japan uitgereik ná ‘n aardbewing in Tokyo.
Geboue in die Japanse hoofstad het glo heen en weer gewieg tydens die aardbewing wat 7.3 op die richterskaal gemeet het. Volgens mediaberigte sal die tsunamigolf tussen 1m en 2m hoog wees. Sommige inwoners is reeds ontruim.
Aanvanklike berigte plaas die middelpunt naby aan die aardbewing van 11 Maart 2011 wat ‘n verwoestende tsunami tot gevolg gehad het.