Tswhane-woordvoerder ontken dronkbestuur

Selby Bokaba Foto: @selbybok op Twitter

Selby Bokaba Foto: @selbybok op Twitter

ʼn Senior beampte van die Tshwane-metro ontken dat hy onder die invloed van alkohol bestuur het nadat hy op Kersdag in Pretoria in hegtenis geneem is.

Selby Bokaba, woordvoerder vir Tshwane, is omstreeks 02:00 by die Atterbury-afrit op die N1 deur metropolisiebeamptes van Tshwane in hegtenis geneem, het The Star Vrydag berig.

Bokaba het aan The Star se susterskoerant, die Pretoria News, gesê toetse sal wys dat sy bloedalkoholvlak nie oor die limiet was nie. “Ek het aan die beampte gesê ek het ʼn glas wyn gehad. Hy was baie aggressief en konfronterend en wou ʼn asemtoets doen, maar ek het geweier,” het Bokaba gesê. “Ek het ʼn drankie gehad, maar ek was nie oor die limiet nie. Daar is geen wet wat sê mens mag nie ná een drankie bestuur nie.”

Bokaba het verder aan die koerant gesê hy is deur die “aggressiewe beampte” geboei en na Steve Biko Akademiese Hospitaal geneem om sy bloed te trek. Hy sê die polisie het die sirenes aangeskakel en nie by een van die rooi verkeersligte op pad na die hospitaal of polisiestasie stilgehou nie. “Bloedtoetse is by die hospitaal gedoen en ons wag nou op die uitslag. Ek het nie enige wet oortree nie,” het hy gesê.

Hy is na Brooklyn-polisiestasie geneem waar hy omstreeks 07:00 op Kersdag vrygelaat is. Hy moet volgende jaar in die hof verskyn.

Senior superintendent Isaac Mahamba het Bokaba versoek om ʼn klag te lê teen die manier waarop hy deur die polisiebeampte behandel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

GawieM ·

Ek glo mom. Hulle is mos nie ‘n nasie wat die wet oortree en sterk drank gebruik nie. Nie in die Nuwe Swart Afrika nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.