Tuinier 18 jaar tronk toe na hy vrou met graaf doodslaan

ʼn Tuinier is Donderdag 18 jaar tronkstraf opgelê in die Noord-Gautengse hooggeregshof vir die moord op ʼn Pretoria vrou, wie se man hom glo gehuur het om dit te doen.

Lucas Moloi (35) is ʼn totaal van 23 jaar tronkstraf opgelê vir moord en diefstal en moet minstens 18 jaar van sy vonnis uitdien. Cordelia Prinsloo (59) is in Oktober 2009 in haar huis in Kameeldrift, buite Pretoria, vermoor. Moloi het ter versagting getuig dat hy nie bedoel het om Prinsloo dood te maak nie maar dat haar eksman, Kobus Prinsloo, hom glo R50 000 en ʼn huis aangebied het om dit te doen. Moloi het vroeër getuig dat hy Prinsloo met ʼn graaf doodgeslaan het. Kobus Prinsloo het egter vroeër onskuldig gepleit op aanklag dat hy betrokke was by sy vrou se moord. Hy sal na verwagting Vrydag voor ʼn ander regter verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.