Tuinier bely moord op bejaarde

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 30-jarige man het Donderdag homself aan die polisie oorgegee en bely dat hy ʼn 73-jarige vrou van Aliwal-Noord vermoor het.

“Die man het inligting oor die moord aan die polisie verskaf, het ao Nozuko Handile, woordvoerder van die polisie in die Oos-Kaap, gesê. “Die polisie het die vrou in ʼn vrieskas by haar huis opgespoor.’

“Die verdagte het glo die vrou in haar tuin en by haar huis gehelp,” het Handile bygevoeg.

Die man sal volgende week in die landdroshof in Aliwal-Noord verskyn.

Dit is nog nie bekend hoe die vrou vermoor is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jasper ·

n Sekere partyleier is reg. Ons wittes se “honeymoon” is oor. doen jou eie huiswerk en laat die gras en bossies maar groei totdat jy tyd kry om dit self te doen.

Linda ·

Dit is tyd dat witmense begin wakker skrik – as hulle teen die tyd nie besef hulle is beter af om hulle self te begin beveilig nie – gaan die getalle net groei en groei. Ons moet self sorg dat daar genoeg sekuriteits hekke is alarms ens ens ens is om te probeer veilig wees – persoonlik bly ek eerder in n tronk as om verkrag en gemartel te word. Hierdie is n baie hartseer berig – maar kon haar kinders nie dalk gehelp het om te sorg dat sy veiliger is nie.

Ai ai ·

Soek seker ‘n kersete in die tronk, hoop hulle gee hom wurms om te eet, sterkte vir die familie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.