Tuinier erken moord op vrou, beweer eksman wou hom betaal

Die vermoorde Cordelia Prinsloo

‘n Tuinier het Maandag in die Noord-Gautengse hooggeregshof erken dat hy sy voormalige werkgewer met ‘n graaf doodgeslaan het, maar beweer haar eksman het hom geld aangebied om dit te doen.

Lucas Noto Moloi (33) is skuldig bevind op die moord van Cordelia Prinsloo (56) in Oktober 2009. Moloi is ook skuldig gevind op die aanklag dat hy talle van haar besittings gesteel het na die moord op ʼn kleinhoewe naby Kameeldrift, buite Pretoria. Moloi beweer egter Prinsloo se eksman, Kobus, het hom R50 000 en ʼn huis aangebied om sy vrou te vermoor. Moloi het in die hof getuig dat hy in Prinsloo se tuin gewerk het toe sy hom gevra het om ʼn graaf te gaan haal om blomme te plant. Moloi sê hy het Prinsloo twee keer oor die kop en een keer op haar skouer met die graaf geslaan. Hy sê hy het Prinsloo se lyk in ʼn plastieksak toegedraai. Moloi sê volgens ʼn ooreenkoms sou Prinsloo se man die lyk kom haal het en daarvan ontslae geraak het. Moloi bly in aanhouding en verskyn weer Woensdag in die hof. Kobus Prinsloo (62) het intussen onskuldig gepleit op aanklag dat hy sy vrou vermoor het. Sy verhoor sal binnekort voor ʼn ander regter begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.