Tuinwerker erken moord op Pta-bejaarde

ʼn Tuinier het Maandag in die Pretoriase hooggeregshof beweer hy het sy bejaarde werkgewer vermoor in ʼn woedebui omdat die werkgewer geweier het hom sy salaris te betaal en hom glo ook met die dood gedreig het.

Die bejaarde, Sarel Koekemoer (68), se liggaam is deur sy dogter op 8 September 2009, in die badkamer van sy huis op ʼn kleinhoewe in Bultfontein, noord van Pretoria, gekry.

Nuus24 berig Jacob Pantsi Mmekwa (32) het in die hof erken hy het Koekemoer vermoor. Hy het ontken dat hy Koekemoer se selfoon en vuurwapen gesteel het.

ʼn Tweede beskuldigde, Levy Mthombeni (21), het ook verskyn en erken dat hy op die toneel was en gesien het hoe Mmekwa Koekemoer doodsteek, maar het enige betrokkenheid by die moord ontken.

Mmekwa het in ʼn pleitverduideliking gesê Koekemoer het nie sy lone betaal nie. Sy vrou het hom toe verdink dat hy sy geld uitgedrink het. Op die dag van die moord het hy Koekemoer oor sy salaris gekonfronteer. Hy was egter verras toe Koekemoer hom van diefstal beskuldig het. ʼn Argument en struweling het gevolg, waarop hy Koekemoer uit woede met ʼn mes gesteek het.

Mthombeni het egter ʼn ander verhaal in sy pleitverduideliking vertel.

Die verhoor duur voort.

Lees die volledige artikel hier

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.