Tukkies-student steeds vermis

Duncan Allen, ʼn derdejaarstudent aan die Universiteit van Pretoria, wat nege dae gelede vermis geraak het is steeds soek.

Hy is verlede Maandag laas by Lynnwood Motors in Atterburyweg in Pretoria gesien. Allen het vroeg die oggend sy motor gaan afhaal nadat dit gediens is. Intussen berig Nuus24 dat daar volgens Allen se suster, Ashleigh, leidrade is wat opgevolg word in verband met sy verdwyning. Sy wou egter nie uitwei oor die leidrade nie aangesien die ondersoek volgens haar in ʼn sensitiewe stadium is. Allen het ʼn denimbroek, grys sweetpaktop en swart sandale aangehad toe hy vermis geraak het. Enigiemand wat inligting het kan ao Paswane kontak by 082 319 9647.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.