Tuks aangewys as beste bierbrouers vir 2013

bierDie Universiteit van Pretoria is die pas afgelope naweek aangewys as die algehele wenners van die sesde jaarlikse bierbroukompetisie vir universiteite (“die SAB Intervarsity Beer Brewing Challenge”).

Dié universiteit se “Black Forest Lager” het aan hulle die Ben Lamaletie IBD-wisseltrofee besorg. Boonop het Tuks ook die gesogte Castle Lager Best Bru-toekenning met ʼn R25 000-kontantprys en die Carling Black Label Champion Lager-toekenning met prysgeld van R15 000 voor die neuse van ander deelnemers weggeraap.

Met hierdie prestasie het hulle die verdedigende kampioene, die Universiteit van Kaapstad, ore aangesit. Die verslane kampioene het darem met die toekenning vir die beste spesialiteitsbier weggestap.

“Die stryd was fel en die beoordelaars het baie debatteer oor wie as die wenner aangewys behoort te word,” het Chris Roth van die onafhanklike en geakkrediteerde beerproe-organisasie Worthog Brewers gesê. “Uiteindelik was ons dit eens dat Tuks se Black Forest-bier die beste gebalanseerde bier was en perfek gebrou is.”

Die Universiteit van Pretoria het hul bierbrou-vaardighede getoets teen dié van tien van Suid-Afrika se top-universiteite, insluitend die Universiteit van Noordwes (Potchefstroom), die Universiteit van die Vrystaat, Rhodes Universiteit en die Universiteit van Stellenbosch.

Die konsep van ʼn bierbroukompetisie het reeds in 2003 sy ontstaan gehad, maar die SAB Bierbroukompetisie is eers in 2006 formeel van stapel gestuur. Deelnemende universiteite het elk hul eie mikro-brouery waar studente die bier brou, laat gis, afrond en verpak voor dit vir beoordeling ingeskryf word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Willy ·

Ek het sommer geweet dat hulle dié prys een of ander tyd gaan wen.
Die bewys is wanneer die jool aan die gang is slaag die kinders met vlieënde vaandels.
Ek is geensins ‘n pretbederwer maar hierdie jaar was dit skokkend om ‘n paar insidente te aanskou.
Ek was self ook op Tuks en het ook gejool.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.