Tuks-student glo per ongeluk geskiet

Tuks-student het glo probeer selfmoord pleeg. Lees meer hier.

ʼn Student van die Universiteit van Pretoria is Woensdagaand naby die studentesentrum by die Hatfield-kampus per ongeluk geskiet en gewond, het ʼn woordvoerder van die universiteit gesê.

Sanku Tsunke sê die vuurwapen, wat in die vrou se besit gevind is, het per ongeluk afgegaan en haar in die maag gewond. “Dit was ʼn ongeluk, dit is nie misdaad-verwant nie.” Die saak word deur die polisie in Brooklyn ondersoek. Jeffrey Wicks, woordvoerder van Netcare911 sê die vrou, in haar 20s, is ernstig beseer. Sy is op die toneel stabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem. TUKS FM, die universiteit se radiostasie, het op Twitter gesê die ongeluk het tydens ʼn gradeplegtigheid plaasgevind. Mense op die toneel het gesien hoe die vrou gaan sit en haarself met die gradeplegtigheid-toga bedek voordat die skoot gehoor is. Colin Fouche van kampussekuriteit het glo gesê dit blyk dat dit ʼn ongeluk was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.