Tuks-student het glo probeer selfmoord pleeg

Die student wat haarself Woensdagaand by die Universiteit van Pretoria se Hatfield-kampus in die maag geskiet het, het glo probeer selfmoord pleeg.

EWN berig dat Chantelle Stockel (24) selfmoord probeer pleeg het omdat sy verlede jaar nie daarin kon slaag om haar graad in regte te bekom nie. Die voorval het glo naby die kliëntedienssentrum plaasgevind ure nadat haar medestudente graad gevang het. Stockel het glo nie vir haar ouers vertel dat sy gedruip het nie. Sy het glo haar pa se pistool gesteel en was van plan om haar lewe te neem op die kampus. Die Netcare Montana-hospitaal sê Stockel is geopereer en verduur baie pyn. Volgens EWN is Stockel nie meer ʼn student by die universiteit nie. ʼn Polisiewoordvoerder, ao. Marinda Swanepoel, het vroeër vandag aan Maroela Media gesê dat sy nie die berigte dat Stockel selfmoord probeer pleeg het, kan bevestig nie. Die polisie se ondersoek duur voort.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.