Turkse artillerie dood Siriese soldate

Siriese mortiere val in die Turkse dorp Akçakale, AFP

Die Siriese burgeroorlog het ‘n nuwe fase bereik na Turkse artillerie ‘n onbekende aantal soldate van die Siriese weermag in ‘n weerwraakaanval doodgemaak het. Dit het media reg oor die wêreld dadelik in afwagting laat  reageer.

Die Turkse reaksie volg nadat Siriese mortiere in ‘n Turkse dorp geval, en vyf mense omgekom het. Die mortiere is deur die Siriese weermag op rebelle afgevuur. Die Turkse weermag het ook die parlement genader vir toestemming om Sirië te kan inval sou omstandighede dit vereis.  Navo, waarvan Turkye ‘n lidland is, het onmiddellik na die mortiere in Turkye geval het, aangedring dat Sirië sy aggressie teen Turkye staak.

Turkye het onlangs ook gevra dat veilige sones binne Siriese grondgebied vir vlugtelinge geskep word. Turkye en Jordanië huisves die meeste van die honderde duisende vlugtelinge, en voel hulle kan nie alleen vir die vlugtelingkrisis pa staan nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.