Beamptes sê Turkye is op hoë gereedheid geplaas teen ʼn moontlike chemiese aanval van Sirië en maak kos en gasmaskers bymekaar.
Die krisisbeheersentrum in Turkye het Donderdag op Twitter gesê dat beamptes ondergrondse skuilings in sewe verskillende gebiede al langs die gedeelde grens aangewys het om mense in die omgewing te beskerm. ʼn Span van 100 chemiesewapenkenners is ook na die grensgebied ontbied wat enige tekens van ʼn chemiese aanval ondersoek.
Turkye het hom die sterkste uitgespreek teen die Siriese president, Bashar al-Assad en ondersteun Sirië se opposisie en rebelle. Die land het gesê hy sal deelneem aan enige internasionale koalisie wat teen die Siriese regering wil optree.
Hierdie wêrld het groot 11 1 11 op hande.
Wat de hel??