Tussentydse hoof van KSA bedank ook

Die tussentydse uitvoerende hoof van Krieket Suid-Afrika (KSA), Jacques Faul, het bedank.

Faul het die beleerde Gerald Majola sowat vier maande gelede vervang. ʼn Woordvoerder vir KSA, Altaaf Kazi, sê Faul se bedanking is nog nie aanvaar nie. “Die raad het hom gevra om sy besluit te heroorweeg en dit is wat hy nou doen.” Volgens berigte het Faul bedank aangesien hy glo dat sekere raadslede vertroue verloor het in sy oordeel. Faul is glo van mening dat dit tot verdere konflik kan lei. Faul het in Maart by Majola oorgeneem nadat laasgenoemde geskors na ʼn ondersoek rakende die bonusse wat aan personeel van KSA betaal is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.