TUT-kampusse gesluit weens geweld

Foto: @RodKC11

Die Tshwane Universiteit vir Tegnologie (TUT) het Donderdag verskeie van sy kampusse gesluit weens gewelddadige protesoptogte deur studente.

Willa de Ruyter, ʼn woordvoerder vir TUT, sê studente van die Soshanguve, Ga-Rankuwa en Pretoria-Wes kampusse moet nie terugkeer tot verdere kennisgewing nie. “Studente wat in die universiteit se koshuise bly moet dit teen 7:00 Vrydagoggend ontruim.” Die gewelddadige protesoptogte het Maandag begin waarna die bestuur van TUT Donderdag ʼn hofbevel gekry het om die optogte stop te sit. Die kampusse is na bewering gesluit aangesien bestuur vrees vir die veiligheid van sy personeel en studente en verdere skade aan sy eiendom wil voorkom. Prof. Nthabiseng Ogude, vise-kanselier en prinsipaal, het die aksies van die stakende studente gekritiseer. “Studente en mense van buite het geboue met klippe en petrolbomme gegooi en sodoende groot skade aangerig.” Die studente betoog teen die toekenning van fondse deur die nasionale studentefinansieringshulpskema (NSFAS) en die toestande van hulle koshuise.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.