TUT-klasse hervat Woensdag

Betogers Donderdag buite TUT se hoofhek. Foto: Nomusa Khanyi, Twitter

Betogers Woensdag buite TUT se hoofhek. Foto: Nomusa Khanyi, Twitter

Klasse by die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) sal Woensdag hervat.

Dit kom nadat die kampus verlede week onbepaald gesluit is weens studente wat betoog het oor die nasionale studentefinansieringshulpskema (NSFAS) se tekort aan fondse. Studente is ook uit die koshuise ontruim. Die Sosialistiese Jeugbeweging (SYM) en die studenteraad van TUT het egter Saterdag ʼn interdik bekom teen die uitsetting van studente uit TUT se koshuise. “Die universiteit se prioriteit is om die veiligheid van studente en personeel te verseker sowel as TUT se eiendom te beskerm en om te verseker dat terugkerende studente ʼn ononderbroke akademiese jaar gewaarborg kan word,” het Willa de Ruyter, woordvoerder van TUT, gesê.

Studente kon teen 16:00 Maandagmiddag weer by die koshuise intrek. Veiligheid op alle kampusse is intussen opgeskerp en die registrasie-periode is verleng. “Ten einde te verseker dat geen studente te nagekom word deur die onlangse gebeure nie, sal studente toegelaat word om tot 14 Februarie te registreer,” sê Du Ruyter. Sy sê ʼn afskrif van die hofinterdik, wat verlede week teen betogende studente bekom is, sal aan elke student verskaf word en dat daar aksie geneem sal word teen enigiemand wat dit verontagsaam.

Lees ook:
Studenteraad kry interdik teen TUT

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.