TUT steeds gesluit weens betogings

Foto: @RodKC11

Die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) het Woensdag gesê alle eksamens en toetse sal geherskeduleer word as gevolg van gewelddadige betogings by drie van sy kampusse.

TUT se Soshanguve, Ga-Rankuwa en Pretoria-Wes kampusse is steeds gesluit nadat protesoptogte deur studente verlede week uitgebreek het.

Die gewelddadige betogings het verlede Maandag begin waarna die bestuur van TUT Donderdag ʼn hofbevel gekry het om die optogte stop te sit. Die kampusse is daarna gesluit verklaar, aangesien bestuur vir die veiligheid van sy personeel en studente vrees en verdere skade aan sy eiendom wou voorkom.

Die studente betoog teen die toekenning van fondse deur die nasionale studentefinansieringshulpskema (NSFAS) en die toestand van koshuise. Hulle eis ook beter opvoeding.

Prof. Nthabiseng Ogude, vise-kanselier en prinsipaal, het die aksies van die stakende studente gekritiseer. “Studente en mense van buite het geboue met klippe en petrolbomme gegooi en sodoende groot skade aangerig.”

Dit is nog nie bekend wanneer die kampusse weer oopgestel gaan word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.