TUT-studente met messe gesteek

Drie studente is vandeesweek by die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) se Polokwane-kampus met messe gesteek, het die instansie Woensdag gesê.

“’n Argument oor studenteleierskap-verkiesings het aanleiding gegee tot Dinsdag se aanval,” het Willa de Ruyter, woordvoerder vir TUT, gesê. Die beseerde studente is by ‘n plaaslike hospitaal behandel en ontslaan.

“Die vermeende aanvaller, wat deur omstanders aangerand is, is aangekeer en is tans onder polisie-bewaking in die hospitaal. Die polisie het reeds met sy ondersoek oor die voorval begin,” het De Ruyter bygevoeg.

TUT het glo ‘n interne ondersoek ook van stapel gestuur. Volgens De Ruyter is die instansie wapenvry en het hulle sekuriteitsmaatreëls in plek om die veiligheid van die personeel en studente te verseker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Trippie ·

Kan net NERWE wees … waar messe en klippe ter sprake is !

Red nou ‘n land met hierdie uhm …

H J Bester ·

Mens sou kon dink dat hierdie universiteit-studente van die Polokwane-kampus, wie waarskynlik hoofsaaklik Afrikane is, immers al tot ‘n mate gekultiveer is – inderdaad nie want die barbarisme slaan maar net weer deur want messtekery kry mens tog mos net by boewe en agterstraat-outjies.

Blootstelling aan en onderworpenheid aan Westerse beskawing en die goeie waardesisteme vind al vir eeue in Suid-Afrika plaas, maar, heellaas, dit was nog nie voldoende nie. Tot wanneer moet ons aanhou om hierdie inheemse Afrikane op te hef – veral in die nuwe bedeling waar hulle die bewindhebbers is – ons taak raak al moeiliker.

Kaspaas ·

Nog ‘n pluimpie vir die nuwe bedeling ? Ek kan nie onthou dat daar ooit enige mes stekery tussen wit mense was op ons kampusse tydens die Apartheids jare van voorspoed nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.