Tutu: ‘Afrikaner-uitsluiting sou Madiba gewalg het’

Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu. Foto: Ilan Godfrey/Templeton Prize/SAPA

Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu. Foto: Ilan Godfrey/Templeton Prize/SAPA

Oudpresident Nelson Mandela sou hewig ontsteld gewees het oor die uitsluiting van Afrikaners by sy huldigingsdiens en begrafnis, het emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu in ʼn verklaring gesê.

Tutu sê Mandela is op gepaste wyse gegroet maar dat daar ʼn gebrek aan inklusiwiteit was by die begrafnisreëlings. “Madiba sou hewig ontsteld gewees het, want hy het daarop aangedring dat ons inklusief moet wees.” Tutu is veral ontsteld oor die nalating om ʼn verteenwoordiger van die NG Kerk by die huldigingsdiens by die ENB-stadion en die staatsbegrafnis in Qunu in te sluit. Hy sê daar is slegs ʼn paar Afrikaanse sinne in die uitspreking van die finale seën gebruik. Tutu sê Mandela het na Afrikaners uitgereik hetsy deur teedrinkery saam met apartheidspresidente se weduwees of die dra van ʼn Springboktrui. “Tot die mate wat ek sinvol kan, wil ek om verskoning vra vir ons broers en susters in die Afrikaner-gemeenskap,” het Tutu gesê. Hy sê Mandela “het uit sy pad gegaan om seker te maak dat Afrikaners deel voel van die nuwe nasie wat ons bou.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Eben ·

Desmond Tutu ek stem 100% saam jou en dankie ….. maar ons wit mense is gewoond dat sulke dinge maar as dit by die belasting geldjies kom, dan ken zumie ons baie gou om te help met die befondsing van zumaville.

Die een vraag is …. wou ons daar gewees het? Hoe sou ons behandel gewees het?

Gatvol ·

Geen verrassings hier nie. Dit strook met die ANC se beleid om die Afrikaner te marginaliseer. As hulle nie vir ons is nie, is hulle teen ons en ons behoud is ons verantwoordelikheid.

Jasper ·

Oom Des, jy het hard saam hulle gestruggle, nou lê daar n nuwe stryd vir jou voor.

Jorge costa ·

The ANC seems to be walking the line to destruction and conflict. The Bishop understands that perfectly well. Ride the Afrkaners to a corner and you can only expect a really ugly reaction. The afrikaner people has demonstrated through the years that they are at their most dangerous when driven into a corner and obliged to fight for their survival. To continue this way is to sow the seeds of violence never seen before in Africa. Very unwise and surely not what Mandela would have desired.

Conrad ·

Wat my verstand te bowe gaan is die Madiba fliek wat nou draai. Is die tydberekening nie ook baie sleg nie. Vir die minder wyse jong generasie van vandag is dit die mees verkeedste ding om te wys. Volgens my gaan dit net nog meer haat saai. Ek dink hier kom nog groot poefies wat rasisme aanbetref.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.