Tutu: ANC is erger as apartheidsregering

Emeritus aartsbiskop Desmond Tutu.

Emeritus aartsbiskop Desmond Tutu sê mense wat Suid-Afrika ondersteun het in sy stryd teen apartheid “ween” oor die regering se versuim om ʼn visum uit te reik aan die Tibettaanse geestelike leier, die Dalai Lama.

Tutu het tydens ʼn perskonferensie in Kaapstad uitgevaar teen die ANC en gesê Suid-Afrikaners sal bid vir die ondergang van die ANC soos wat hulle destyds het vir die apartheid regering se ondergang. Hy het gesê daar sal gebid word vir die ondergang van ʼn regering wat ‘n verwronge beeld skep van sy mense. Die kantoor van die Dalai Lama het Dinsdag aangekondig dat die geestelike leier nie Tutu se 80ste verjaarsdag sal bywoon nie aangesien hy steeds nie ʼn visum het nie. Tutu het die ANC gewaarsku dat hoewel hy tans ʼn meerderheid het dit nie noodwendig altyd die geval gaan wees nie. Tutu sê hy sal nie weer die Dalai Lama na Suid-Afrika nooi nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Northport ·

the Chinese leaders dont want to see the Dalai Lama anywhere in the international world.so they put political pressure on countries which are willing to receive a visit by the Dalai Lama.
Most democratical and free countries in the world are ignoring the chinese pressure.only some weak governements follow the chinese will.And the ANC is also part of that…shame

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.