Tutu in hospitaal

Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu. Foto: Ilan Godfrey/Templeton Prize/SAPA

Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu is Woensdag in die hospitaal opgeneem met ‘n “langdurige infeksie”.

Volgens die Desmond and Leah Tutu Legacy-stigting is Tutu is by ‘n hospitaal in Kaapstad opgeneem vir behandeling van ʼn langdurige infeksie en om toetse te ondergaan om die onderliggende oorsaak vas te stel. Die stigting wou nie verdere inligting oor die infeksie bekend maak nie.

“Hy het die oggend in sy kantoor deurgebring voordat hy later in die hospitaal opgeneem is. Tutu is in ʼn goeie luim en is vol lof vir die goeie behandeling wat hy kry,” het die stigting gesê.

Volgens die stigting sal die behandeling na verwagting vyf dae neem. Tutu het in Oktober sy 81e verjaarsdag gevier.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.