Tutu se Midde-Ooste kort nuwe benadering

Sirië

Emeritus aartsbiskop Desmond Tutu het Woensdag gesê die krisis in Sirië en Egipte benodig ‘n menslike inslag en nie ‘n militêre ingryping nie.

“Diegene wat selfsugtig ekonomiese, ideologiese en godsdienstige mag misbruik kan nie die belange van die meerderheid gewone en goedhartige lede van ons menslike familie verder ondermyn nie,” het hy in ‘n verklaring gesê. “Ons moet gesels om verdere bloedgieting te voorkom, ons moet nie meer baklei nie. Ons moet praat oor ongemaklike sake soos die verhouding tussen die sogenaamde Westerse lande en die Islamitiese wêreld, en tussen Israel en Palestina.”

Hy sê ons moet ‘n begrip van mekaar ontwikkel eerder as die vermoë om mekaar seer te maak. “Eers wanneer ons met mekaar praat sal ons leer hoe om mekaar voldoende te vertrou om saam behoorlik te reageer op die krisis wat ons teister.” Tutu sê dit is moontlik dat ‘n inval op Sirië tot die inhegtenisneming of moord op pres. Bashar al-Assad kan lei. “Dit kan dalk uiteindelik die fondament lê vir ‘n beter lewe vir mense in Sirië, maar dit kan ook tot ‘n algehele toename van spanning en geweld in die Midde-Ooste lei en dit sal beslis nie bydra tot die volhoubare verbetering van verhoudings of veiligheid op aarde nie. “Dit is nie die risiko werd nie,” het Tutu gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Tokkie ·

Ja en dalk moet Amerika net sy neus uit ander lande se sake hou dan sal dit al klaar beter gaan

Mariana Fourie ·

Hoe is dit moontlik dat Tutu ‘n antwoord het vir ander land se probleme, en hy kyk om duistere redes die probleem mis in SA? Ek verstaan nie die man nie en ek gaan nie eens probeer nie. Hy wys nou meer genade teenoor oor Moslem geledere as teenoor die Christene in sy eie land. Raaisel sal hy bly.

Willy ·

Hierdie Tutu moet ophou praat en begin doen. Sal seker nie want hy doen dit al sy hele lewe lank.

Hendrik ·

Tutu is ‘n goeie voorbeeld van ‘n wolf in skaapsklere. GEEN mens kan homself ‘n Christen noem en ‘n Islamietiese regering verdedig nie.

Die onderdrukking van basiese mense regte (VERAL vroue regte), die opheffing van alle gelowe (behalwe natuurlik Islam) en die afdwing van Sharia Wette ongeag of jy ‘n Moslem is al dan nie. Die Shaira Wette is naas kommunisme die grootste onderdrukker van menslike vooruitgang.

Daar is ‘n rede hoekom daar ‘n ongemaklike vehouding is tussen die Westerse lande en die Islamiete: Islam is ‘n gevaar vir die westerse leefstyl. Die Amerikaners moet voort gaan om kopdoeke op te blaas, sonder hulle gereelde vuurstokery sou die wêreld ‘n baie slegter plek gewees het. Ek weet nie van al hierdie anti-amerikaners nie, maar ek is bly dat ek nog ‘n Christen kan wees sonder die vrees dat my kop verwyder gaan word omdat my suster haar elmboog wys.

Tokkie ·

@ Hendrik Jy moet na die groter prentjie ook kyk – Amerika (Barrack Obama) gee nie om vir Christene nie vir hulle gaan dit oor geld en om die wêreld te beheer.

Hendrik ·

Ek verstaan die Amerikaanse kapitaliste het nie veel tyd vir Christene nie, maar anders as die ooste laat hulle ons toe om voort te bestaan. Die vyand van my vyand is my vriend, al baklei Amerika om hul eie motiewe beskerm hulle ons indirek van Islam. Die Islamitiese lande fokus op die “Amerikaanse onderdrukkers en hul vennote”, wat ons hier in die suid punt van Afrika spasie gee om asem te haal. Hulle kan maar vir nou die wêreld beheer, want die alternatief is kommuniste en Islamiste wat die wêreld onderdruk.

My pa werk in Nigerië vir ‘n olie maatskappy, ‘n land wat sterk onder die invloed van Islam is. Ons hoor nie helfde van die kommerwekkende nuus nie, elke keer as my pa terug keer SA toe het hy nuwe skokkende stories van wat daar gebeur. Hy moet ook gereeld Dubai to reis vir opleiding, ‘n uitstappie wat hy elke keer vrees oor hy ‘n Christen is. Ek verkies ‘n wêreld waar ek vry is om my geloof te beoefen. Ja, Amerika is magsugtig, maar hulle beskerm ons. Het God nie al voorheen die bose gebruik om Sy eie plan te laat geskied nie? Dit sê nie ons moet terug staan en goddelose kapitalisme ondersteun nie, maar ek sien geen rede waarom so baie mense vir Amerikaanse bloed roep nie.

Ek het my opnine ge-uitter, wat is jou mening Tokkie? Ek is geinteresseerd wat jy sou voorstel as alternatief. (Ek is nie besig om aanvallend te wees met hierdie vraag nie, eks werklik geinteresseerd. Die rede vir “kommnetare” is immers om ander se opinies te hoor)

Tokkie ·

@Hendrik – Amerika het FW gebruik om ons uit te verkoop aan die ANC – hulle voel vere vir ons – waarom nie ander lande nie?
Ek verstaan dit is Obama wat die chemiese aanval in Sirië gekonstruktueer het – die rede Sirië betaal met goud en Amerika het nie goud nie, moet die dollar beskerm – daarom vernietig die lande se ekonomië. Boonop maak Amerika baie geld uit wapen verkope ens. Terloops sover ek weet behoort Obama aan Illuminati wat baie sê. Toe Obama 1ste keer president geword het het hy belowe om te onttrek uit Irak so wat soek hy nog in die Ooste en dis nie net om Israel te help nie. Ek glo as VSA in die eerste plek nie daar gaan inmeng het nie sou daar nie terreur aanvalle teen hulle gewees het nie.
Ek sê nie wat die Moslems doen is reg nie en ja daar is faksies binne Islam wat gevaarlik kan wees, het self in Ooste getoer vir sending (onder God se beskerming nie VSA sin nie). Ek is Pro Israel en het ‘n Boerehart vir ingeval jy wonder.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.