Tutu steun gay-gelykheid

Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu. Foto: Ilan Godfrey/Templeton Prize/SAPA

Emeritus aartsbiskop Desmond Tutu het Vrydag gesê hy dien nie ‘n “homofobiese God” nie.

“Ek sal weier om na ‘n homofobiese hemel toe te gaan,” het Tutu in Kaapstad aan verslaggewers gesê. “Nee, ek sal sê jammer. Ek bedoel, ek sal eerder na daardie ander plek toe gaan.”

“Ons moet ‘n samelewing bou wat mense aanvaar en dit is nie ‘n vrye samelewing tot elke enkele persoon weet dat hulle erken en aanvaar word vir wie hulle is nie.”

Tutu het sy toespraak gelewer by die bekendstelling van die Verenigde Nasies se wêreldwye “Vryheid en Gelykheidsveldtog” vir gay (LGBT)-gelykheid in Kaapstad. Die veldtog poog om bewusmaking te skep oor homofobiese geweld en diskriminasie. Tutu sê talle mense voel dat hulle nie gemaklik kan wees in hul eie vel nie, weens moontlike spottery.

“Dit kan nie bloot net ‘n keuse wees om daardie leefstyl te volg indien die persoon weet watter groot bevooroordeling en moontlike geweld hulle te wagte kan wees nie,” het hy gesê. Hy sê hy is bewus daarvan dat talle geestelike leiers die idee bevorder dat dit ‘n sonde is om enigiets behalwe heteroseksueel te wees. “Dis ‘n groot kommer vir baie van ons as hulle moet dink dat God iemand sal skep en sê ‘Ek haat jou. Ek haat jou vir wie ek jou gemaak het om te wees’.”

Tutu sê Suid-Afrika moet diskriminasie teen seksuele oriëntering verwerp, net soos die land met rassisme gedoen het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Nell

Wees versigtig vir wat jy wens Tutu. Dit mag waar word indien jy ongered is.

Paul

Ons kan maar net hoop en bid dat hulle, soos enige ander sondaar in God se oë gered sal word want hulle leefwyse is vir God onaanvaarbaar en as hulle dit nie bely nie dan sê die Woord van God: “Verskriklik is dit om te val in die hande van die Lewende God!” Miskien moet iemand vir Tutu ‘n bybel gee sonder die bladsy wat homoseksualiteit veroordeel.

Neil Prinsloo

“Net omdat iets in die Bybel staan, is dit noodwendig waar nie.” – Desmond Tutu. Ons glo dat hierdie Heilige Skrif die wil van God volkome bevat en dat alles wat die mens vir sy saligheid moet glo, daarin voldoende geleer word. Aangesien die hele wyse waarop God deur ons gedien moet word, daarin breedvoerig beskrywe word, mag ook niemand, selfs nie die apostels nie, anders leer as wat ons reeds deur die Heilige Skrif geleer word nie – ja, al was daar ook ‘n engel uit die hemel, soos die apostel Paulus sê (Gal 1:8). En aangesien dit verbode… Lees meer »