Tutu vier 80ste verjaarsdag

Emeritus aartsbiskop Desmond Tutu vier Vrydag sy 80ste verjaarsdaag.

Daar sal onder meer vierings plaasvind by die St Georges Katedraal in Kaapstad. Die Ierse musikant, Bono, het Donderdag saam met die Soweto gospel-koor vir Tutu opgetree. Tutu se verjaarsdag is voorafgegaan deur omstredenheid nadat die Tibettaanse geestelike leier, die Dalai Lama, sy besoek aan Suid-Afrika gekanselleer het omdat hy nie betyds ʼn visum kon kry nie. Tutu het die Dalai Lama genooi om sy verjaarsdagvierings by te woon. Tutu het heftig hierop reageer en die ANC vroeër die week daarvan beskuldig dat hy erger is as die destydse apartheidsregering. Die Dalai Lama sal egter deur middel van videoverbinding ʼn lesing by die Desmond Tutu Vredessentrum aanbied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.