TV-lisensies binnekort duurder

Die koste van TV-lisensies sal vanaf September vanjaar styg, het die SABC Dinsdag aangekondig.

Kaizer Kganyago, woordvoerder van die SABC, sê die jaarlikse fooi vir ʼn huishoudelike, besigheids-, handelaars- of ʼn verhuurders TV-lisensie sal met R15 styg van R250 na R265. “Dit beteken ʼn verhoging van slegs R1,25 per maand.” Kganyago sê die minister van kommunikasie het ʼn 6%-verhoging in die koste van TV-lisensies toegestaan vanaf 1 September. Konsessionêre TV-lisensies, wat aan mense ouer as 70 jaar sowel as diegene wat maatskaplike toelae van die staat ontvang toegestaan word, sal met R4 styg tot R74 per jaar. Dit is die vierde tariefverhoging die afgelope 14 jaar. Die laaste een was in 2009.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.