TV-stasies reg om Jesus se wederkoms regstreeks uit te saai

Twee groot Amerikaanse Christelike televisiestasies is gereed om Jesus se wederkoms by die Olyfberg in Jerusalem regstreeks uit te saai.

Albei stasies hou nou televisiekameras heeltyds op die berg gerig sodat die wederkoms, wat hulle glo nou binnekort sal plaasvind, regstreeks gebeeldsend kan word.

Die sender, Daystar, saai al ‘n ruk lank uit, terwyl Trinity Broadcasting nou ook slaggereed is nadat hulle ‘n ateljee in Jerusalem aangeskaf het.

Dit is egter nie net Christene wat vir die “eindtye” uitkyk nie.

New Age-groepe hou nou al ‘n geruime tyd konserte en ander byeenkomste op argeologiese terreine van die Mayas. Dit lei tot ontsteltenis van argeoloë omdat gate dikwels in die antieke piramides geboor word om toerusting te anker. Kenners se versekerings dat verwysings na 21 Desember vanjaar in Maya-inskripsies nie na die einde van die wêreld nie, maar die einde van ‘n kalendertydperk verwys, val op dowe ore.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

frikkie ·

Hulle gaan verewig wag, want hulle verstaan nie die skrif omtrent Jesus se wederkoms nie. Dit kom nie met sigbare tekens nie. So dit kan nie afgeneem word nie.

askim ·

nie eers die SEUN JESUS weet die dag en tyd nie…….en soos Frikkie se dit sal…mag..en kan nie afgeneem word nie

Chris de Wet ·

Hulle gaan lank wag, God moet elke dag in ons lewens kom, dit is geestelik en nie natuurlik nie, dit is hoekom daar geskryf staan, Jesus het die woord verkondig maar min het verstaan, dit is nog vandag so. Wat wel kan gebeur is dat ons in n ander fase van lewe kan in gaan, as God en die natuur ons wil laat verdwyn, kan Hy dit doen in n oog wink.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.