Twee aangekeer ná Witrivier-plaasmoord

Argieffoto

Argieffoto

Twee verdagtes is Woensdag in die vroeë oggendure aangekeer in verband met die moord op Gert de Beer (82) by sy plaas Spioenkop naby Witrivier in Mpumalanga.

Twee mans het op 10 Oktober omstreeks 18:00 die plaashuis betree terwyl die De Beer en sy 81-jarige vrou buite op die stoep gesit het. Die egpaar is oorval toe hulle self in die huis ingegaan het. Die verdagtes het geld en vuurwapens geëis. De Beer is noodlottig aangerand en sy vrou is ernstig beseer.

Die twee verdagtes het gevlug nadat hulle twee vuurwapens en twee selfone gebuit het.

Die polisie is ontbied en die saak is ondersoek. Die polisie het onvermoeid gewerk om die verdagtes aan te keer. “Die polisie en provinsiale spoorspan het die twee mans Woensdagoggend net na 00:00 in Mganduzweni Trust naby Hazyview aangekeer,” het kolonel Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, gesê.

“Die polisie het beslag gelê op die vuurwapens en selfone wat op die toneel gesteel is.”

Die twee mans, onderskeidelik 20 en 23 jaar oud, sal Donderdag in die Witrivier-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Lukas Prinsloo ·

Dis my vrou se oupa wat vermoor is. Dankie tog hulle is gevang. Maar die feite is nie reg nie. Maar sal nie hare daar oor kloof nie.

Sune van Heerden ·

Dagsê Lukas,

Ons het die inligting net so gebruik wat ons in die polisie se persverklaring gekry het. Stuur gerus ‘n e-pos na [email protected] indien julle wil hê ons enigiets moet regstel.

Baie sterkte
Beste groete
Maroela Media

JB ·

Die feit bly staan, dat dit ongelukkig nog n boer is, wat vermoor is! Jammer en sterkte!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.