Twee bejaarde egpare in twee voorvalle op Tuinroete aangeval

Twee bejaarde egpare is sedert Sondag in twee afsonderlike voorvalle naby George aangeval.

Kaptein Bernadine Steyn, ʼn polisiewoordvoerder van die Wes-Kaap, sê in die laaste voorval het vier mans Maandagaand die agterdeur van ʼn 82-jarige man en vrou se huis in Wildernis oopgebreek terwyl hulle geslaap het.

“Die mans het die egpaar aangeval en beseer. Verskeie items, waaronder ʼn selfoon, geld en ʼn beursie, is gesteel,” het Steyn gesê. Die slagoffers is in ʼn stabiele toestand na ʼn hospitaal in George geneem.

Dit volg nadat ʼn 81-jarige man en sy 73-jarige vrou Sondagaand omstreeks 22:30 in ʼn soortgelyke voorval in hul huis in George aangeval is. “Die rowers het die egpaar in hul slaapkamer oorval. Die man het wonde aan sy hande, arms, nek en gesig opgedoen. Die vrou het wonde aan haar gesig en maag opgedoen.”

Dit is nog nie bekend of die voorvalle verband hou nie. Die polisie ondersoek die sake.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Anton ·

Hoekom word daar nie statistieke bekend gestel van watter nasionaliteit al die rowers en moordenaars is nie. Dit sal interesant wees om te weet hoeveel van die kriminele is werklik Suid Afrikaners en hoeveel is van ander lande

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.