Twee bejaardes vermoor

Twee bejaardes is in twee afsonderlike voorvalle Donderdagaand en Vrydagoggend in die Oos-Kaap vermoor.

“ʼn 73-jarige vrou is Vrydag in die vroeë oggendure in haar huis in Manzana verwurg. Sy het alleen gebly. Ons vermoed sy is ook verkrag voor sy vermoor is,” het kol. Mzukisi Fatyela, ʼn polisiewoordvoerder, gesê.

“ʼn 77-jarige man is Donderdag deur aanvallers doodgeskiet. Sy aanvallers het hom deur sy huis in Mthintloni se venster geskiet,” het Fatyela bygevoeg.

Twee verdagtes, onderskeidelik 23 en 26 jaar oud, word in verband met die skietery ondervra. “Hulle sal in hegtenis geneem word as hulle met die moord verbind kan word.”

Volgens Fatyela is ʼn taakspan aangestel om albei moorde te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.