Twee beseer in heli-ongeluk

Foto: Netcare911

Twee mans, vermoedelik ʼn pa en seun, is beseer nadat die helikopter waarin hulle gevlieg het by die Grand Central-lughawe in Johannesburg neergestort het.

Jeffrey Wicks, woordvoerder vir Netcare911, sê die helikopter het vermoedelik neergestort kort nadat dit opgestyg het. Die twee mans is op die toneel behandel voor hulle na ʼn nabygelee hospitaal geneem is vir verdere behandeling. In Mei vanjaar is twee mans ernstig beseer nadat hulle helikopter in ’n verlate nywerheidsgebied in Halfway House, Midrand, naby die Grand Central-lughawe neergestort kort nadat dit vanaf die lughawe opgestyg het.

Foto: Netcare911

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.