Twee beseer ná bakkie deur heining bars

Foto: ER24

Twee mense het ʼn noue ontkoming gehad en slegs ligte beserings opgedoen nadat ʼn bakkie deur ʼn heining gebars en teen ʼn huis tot stilstand gekom het in Scottsville in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal.

Derrick Banks, woordvoerder van ER24, sê die bestuurder van die bakkie het glo beheer verloor waarna die bakkie deur die heining gebars het. Banks sê die bestuurder en sy passasier het self uit die bakkie geklim. “Hulle het albei snye en skaafwonde opgedoen. Hulle is op die toneel behandel voor hulle na die Northdale-hospitaal geneem is vir verdere behandeling.” Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.