Twee beseer na hulle glo van trein gegooi word

Twee mans is beseer, waarvan een ernstig, nadat hulle glo Woensdagaand laat van ʼn bewegende trein gegooi is tussen Mayfair-stasie en Florida-stasie in Johannesburg.

ʼn Woordvoerder van Netcare911, Jeffrey Wicks, sê ʼn groep mans het glo die trein se deure oopgedwing en die twee mans uitgestoot. Een van die mans het ernstige kopbeserings opgedoen en is in ʼn ernstige toestand na die Charlotte Maxeke-hospitaal vervoer vir verdere behandeling. Die ander man is ook beseer. Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.