Twee beseer ná ontploffing op plaas

Foto: @gavine2009 op Twitter

Twee mans is Woensdagaand beseer ná ‘n ontploffing op ‘n pluimveeplaas buite Benoni.

“Een man is ‘n in kritieke toestand en ‘n ander man in ‘n ernstige toestand nadat hulle brandwonde opgedoen het toe ‘n kragboks glo ontplof het,” het Derrick Banks, woordvoerder van ER24, gesê. Die pluimveeplaas is in Sundra, 30km buite Benoni in die rigting van Witbank geleë. “Paramedici het die twee beseerde mans aangetref waar kollegas hulle behandel het,” het Banks gesê. “Paramedici het met die behandeling voortgegaan. Beide mans, in hul 20s, het brandwonde opgedoen. Die een pasiënt het brandwonde aan sy hande, bors, nek, rug en gesig opgedoen. Die ander pasiënt se hande en gesig het gebrand.”

Beide pasiënte is op die toneel gestabiliseer en na Glynnwood-hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Na bewering het die twee mans aan die kragboks gewerk toe die voorval plaasgevind het. Dit is nog nie duidelik waarom die ontploffing plaasgevind het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.