Twee beseer ná petroltenk ontplof

ambulansTwee mans is in ʼn ernstige toestand nadat ʼn petroltenk waaraan hulle gewerk het, ontplof het.

Volgens Christo Venter, ʼn woordvoerder van ER24, het die twee mans Donderdag sweiswerk aan die petroltenk gedoen, toe die hitte daarvan veroorsaak het dat die tenk ontplof het.

Hy het gesê albei mans het ernstige tweede- en derdegraadse brandwonde opgedoen, en een man het sy been gebreek.

Hulle is na die provinsiale hospitaal in Kimberley geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.