Twee mans is ernstig beseer nadat hulle ligte vliegtuig Saterdagoggend by die Panorama-vliegveld in Alberton, oos van Johannesburg, neergestort het.
ʼn Woordvoerder van Netcare911, Jeffrey Wicks, sê die twee mans was in ʼn mikrovliegtuig toe dit glo neergestort het kort na opstyging. Wicks sê een van die mans was in die wrak vasgekeer. Die mans is op die toneel behandel voor hulle na die Netcare Union hospitaal vervoer is vir verdere behandeling.