Twee beseer toe luiperd en buffel aanval

Argieffoto

Argieffoto

‘n Omgewingsbeampte van die Kruger-wildtuin en ‘n inwoner word in ‘n hospitaal behandel nadat hulle Dinsdag onderskeidelik deur ‘n luiperd en ‘n buffel aangeval is, het SANParke Woensdag gesê.

“Amos Muhlovu, ‘n beampte van die wildtuin, het by Punda Maria, noord van die wildtuin, op ‘n klip geval toe hy voor die buffel wou uitvlug,” het Rey Thakhuli, waarnemende woordvoerder van SANParke, gesê. “Amos kon vlug, maar het geval en seergekry. Hy ontvang tans behandeling by die Malamulele-hospitaal.”

In ‘n afsonderlike voorval is Biyamirhi Maluleke tussen Maphophe en Josefa buite Punda Maria deur ‘n luiperd aangeval. Hy kon ook vlug. Volgens Thakhuli word Maluleke by ‘n nabygeleë hospitaal behandel. Die luiperd het vermoedelik uit die wildtuin ontsnap. “Wildbewaarders is ontbied om die luiperd op te spoor. Ons sal seker maak dat die dier nie weer op vrye voet in die dorpies beland nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

wollie wolfaardt ·

As jy met honde in veld loop dan jag jy,so as die brakke weghardloop sal luiperd die baas aanval

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.