Drie mense is beseer toe twee passasiersbote in die Durbanse hawe teen mekaar gebots het.
“Die ongeluk het Vrydagaand plaasgevind en paramedici het die beseerdes op die toneel behandel voordat hulle na ‘n hospitaal geneem is,” het Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare911, gesê. “Die besonderhede en oorsaak van die ongeluk sal deur die polisie ondersoek word.”