Twee beseer in tref-en-trap-ongelukke

ER24-Gavin-Edwards-@gavine2009-320x212-1Twee mense is in onderskeie tref-en-trappe-ongelukke in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal beseer.

Volgens ER24 is ʼn 26-jarige vrou Saterdagaand kritiek beseer nadat sy glo deur ʼn voertuig omgery en gesleep is in Greytownweg in Northdale. Die vrou het brandwonde en beserings aan haar rug en bene opgedoen. Die tweede voorval het vroeg Sondagoggend in Collegeweg in Pelham plaasgevind. ʼn 30-jarige man het ʼn diep snywond aan sy kop opgedoen en het volgens paramedici baie bloed verloor. Albei persone is na hospitale geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.