Twee boere vandag in hof na hulle glo vermeende brandstigters aanrand

Twee mans van Noordwes sal na verwagting Maandag in die hof verskyn nadat hulle glo die naweek vier vermeende brandstigters aangerand het.

ʼn Polisiewoordvoerder, kapt. Aafje Bothma, sê die twee mans is na bewering boere van Amalia buite Schweizer-Reneke. Sy sê daar is na bewering Saterdag ʼn brand gestig in die gebied. Bothma sê dit is nie seker wie die brand gestig het nie maar dat die twee mans vier mense aangerand het wat hulle glo die brand gestig het. Ontstoke inwoners van Amalia het Sondag die pad afgesper en weer die veld aan die brand gesteek glo in protes teen die beweerde aanrandings. Bothma sê die situasie was teen Maandagoggend onder beheer gebring. Volgens berigte het die oproeriges ook lede van die gemeenskap met klippe bestook. Daar word ook berig dat die twee mans glo bekentenisse het van minstens vier mense dat hulle die veld aan die brand gesteek het. Volgens berigte is Herman Lochrenberg (63) en Attie Haasbroek (58) in verband met die voorval in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.