Twee boeties sterf op pad kerk toe

Argieffoto

Argieffoto

Twee broers is Sondagoggend dood toe hulle, vermoedelik deur ʼn radio-persoonlikheid, in Mmabatho in Noordwes omgery is.

“Ons ondersoek steeds die saak en sal nie die man se naam bekend maak totdat hy in die hof verskyn het nie,” het brig. Thulane Ngubane, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die 30-jarige het glo met sy silwer Audi gery toe hy die negejarige seun en sy boetie, in sy 20s, getref het. Die twee boeties was glo saam met hul ma op pad kerk toe.

Nadat hy die twee seuns getref het, het die Audi glo ʼn ander motor ook getref, ʼn klip getref en toe tot stilstand gekom. “Die bestuurder van die Audi het glo weggehardloop en sy vroulike passasier agter gelaat,” het Ngubane gesê.

Die polisie is na sy huis en werksplek. Hy het homself omstreeks 11:00 aan die polisie oorgegee.

Die man staar twee aanklagte van strafbare manslag, aanklagte van roekelose of nalatige bestuur, dronkbestuur en versuim om by ʼn ongelukstoneel te stop en hulp te verleen, in die gesig. Hy sal na verwagting binnekort in die Mmabatho-landdroshof verskyn. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.