Twee brand dood in Kaapstad

Argieffoto

Twee mans van Zimbabwe is dood nadat hul plakkershuis in die Llwandle-informele nedersetting in die Strand Saterdag afgebrand het.

Wilfred Solomons-Johannes, ʼn woordvoerder van die stad se rampbestuur, het Maandag gesê 33 mense is dakloos gelaat nadat die brand deur die informele nedersetting versprei het.

Elliot Zuzu (28) en David Chinyanga (35) het in die brand omgekom. Hul naasbestaandes is van hul dood in kennis gestel.

Dit is nog nie bekend hoe die brand ontstaan het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.